Ons geliefde man, Pappa en Oupa, Koeloe. Ons onthou hom met liefde en koester die spesiale herinneringe wat hy nagelaat het.
Koeloe was bekend vir sy humor en sy onvergeetlike sêgoed, soos “Vlooi Annalisabet, waar is jou maniere? Kom groet die mense!” Sy liefde vir die plaas en sy beeste het diep in sy hart gelê en bly ‘n bron van inspirasie vir ons almal.
Ons dink met ‘n glimlag aan Mamma se woorde: “Kom loop maar enige dag weer met daardie beesmis-skoene deur die huis!” en weet dat Oupa groot vreugde sou gevind het in sy kleinseuns.
Koeloe se nalatenskap van liefde, lag en warmte leef voort in ons harte en in elke herinnering wat ons deel. Hy word innig gemis, maar nooit vergeet nie.
© Copyright 2024 Harrismith Gedenktuin | Developed by Linkify | All Rights Reserved